Stropers vergiftig twee leeus

Telers se VSA se nuwe reels gaan stropery net aanmoedig

Die nag van 22 Desember het stropers by die Aloe Ridge-wildplaas naby Swartruggens in Noordwes ‘n vergiftigde hoenderkarkas oor een van die leeukampe se draad gegooi en gewag dat twee leeumannetjies (onderskeidelik drie en ses jaar oud) vrek. Daarna het hulle die draadheining geknip en die leeus se koppe en agterpote afgekap en daarmee gevlug.

“Dit was die eerste keer dat ek so iets sien. Ek het nie geweet wat om te se toe my werkers my kom roep het nie,” se Nazeer Cajee, Aloe Ridge se eienaar.

“Dit is ‘n hengse kopseer. Ek het nou ekstra wagte gehuur en ‘n nuwe sekerheidstelsel ten duurste laat installeer. ‘n Mens is bang hulle kom weer.”

Die voorval het gekom slegs ‘n dag nadat die VSA se vis- en wildlewediens (USFWS) twee leeusubspesies tot die lys van bedreigde spesies gevoeg het.

Cajee vrees die besluit kan leeustropery in Suid-Afrika laat toeneem. “Kyk maar wat het met die renosters gebeur. Dieselfde gaan nou met ons leeus gebeur. As wettige leeujag bemoeilik word, gaan stropers dit onwettig doen. Dis eenvoudig ‘n feit.”

Luidens die webtuiste van die Campaign Against Canned Hunting (CACH) word leeubene lank reeds as byproduk van die leeujagbedryf na China en ander Oosterse lande uitgevoer waar dit gebruik word om ‘n soort leeubeen- wyn (in China) of leeubeenkoek (Vietnam) te maak wat onder meer teen rumatiek en impotensie gebruik word.

Tienie Bamberger, eienaar van die Warthog Safaris-jagplaas buite Lephalale en lid van die Suid-Afri- kaanse Roofdiertelersvereniging (SARV), se die probleem is nou dat as ‘n Amerikaner sy leeutrofee wil huis toe neem, hy voortaan vooraf ‘n permit by die USFWS sal moet kry.

Die permitte sal egter net uitge- reik word as daar genoegsame bewyse is dat die betrokke leeus op etiese wyse geteel en aangehou word en dat die land se leeujagbedryf wel hydra tot die “verbetering van die oorlewing van die spesie”.

“As die Amerikaners nie meer hul trofees kan huis toe vat nie, gaan hulle nie wil kom jag nie. As die wettige leeujagbedryf dan skielik afneem, gaan leeugetalle drasties afneem omdat daar steeds ‘n groot aanvraag vanuit die Ooste vir leeubene is en daar nie meer volhoubaar met leeus geboer kan word nie. Verder kan onwettige stropery van leeus ook verhoog,” se Bamberger.

“Dit kan lelik raak, want stropers gaan nie leeus met gewere wil aandurf nie. Hulle gaan karkasse vergiftig en s6 kan hele troppe gelyk vrek.”

Pieter Potgieter, president van die SARV, se daar is die afgelope week by ‘n bosberaad op Koster besin oor hoe die vereniging te werk sal gaan om die nodige bewyse te kan lewer om aan die USFWS se vereistes te voldoen.

“Leeujag en leeuteling dra op baie maniere tot bewaring by. Vir elke geteelde leeu wat gejag word, word ‘n wilde leeu se lewe gered. Teling dra ook finansieel en geneties by tot die bewaring van die leeu en leeutelers kan leeus hervestig in gebiede waar hulle uitgesterf het,” se Potgieter.

“Die departement van omgewingsake het ingestem om by die USFWS uit te vind presies wat bedoel word met die `verbetering van die oorlewing van die spesie’ sodat ons ‘n dokument kan opstel wat die bewaringswaarde vir ons lede uiteen sal sit.”

Tot tyd en wyl die bewyse gelewer word, het die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa) hom egter in November van die jag van geteelde leeus gedistansieer.

“Om te se leeustropery gaan skielik toeneem, is pure bespiege- ling. Die leeuteelbedryf kon eenvoudig nog nie bewaringswaarde bewys nie. Leeujag is baie winsgewend, maar dra nie direk by tot die bewaring van wilde leeus nie,” se Stan Burger, president van Phasa. “As die bedryf bewyse kan lewer, sal Phasa sy posisie heroorweeg. Maar intussen sal Phasa-lede wat leeus jag, geskors kan word.”

Ian Michler, navorsingskonsultant van die bekroonde dokumenter Blood Lions, meen daar is geen bewaringsargument om leeus in aanhouding te teel nie.

“Die argument word nou weer tot ‘n ekonomiese gesprek gereduseer. Ek kan verstaan hoekom hulle bang is, want hul sakemodel word bedreig. Om nou te wil kla oor stropery het nie sin nie, want dit is juis die leeutelers en jagoperateurs wat die leeubeenbedryf aanvoer,” se Michler.

Conservation group declares 2016 the year of the lion

A FOUNDATION with close links to an Eastern Cape reserve has declared 2016 the year of the lion.

To celebrate the 50th anniversary of the release of the film Born Free, the foundation named after it would launch initiatives to focus on the decline of the lion population, it was announced yesterday.

These will include a census, publicity campaigns and special screenings.

“Elsa the lioness captured the hearts and minds of a worldwide audience in the 1966 classic film Born Free – but, today, the international wildlife charity that bears its name sounds the alarm over the future of lions,” the foundation said yesterday.

The film starred Virginia McKenna – a frequent visitor to Shamwari in the Eastern Cape – and her late husband, Bill Travers.

They portrayed conservationists George and Joy Adamson and the rehabilitation of the lion Elsa.

Born Free Foundation chief executive Adam Roberts said it was believed that lion numbers had plummeted to fewer than 20 000 across Africa.

Roberts said the slaying of Cecil the lion in Zimbabwe had made headlines worldwide last year, and the recent documentary Blood Lions revealed the horrors of professional and canned hunting.

The Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora, to be held in Johannesburg in September, would also concentrate on the plight of lions.

Shamwari, in partnership with McKenna, has gained international recognition for its Born Free Foundation Animal Rescue and Education Centre.

2016 declared ‘The Year of the Lion’

This year marks the 50th anniversary of the famous lion-celebrating film‚ ‘Born Free’‚ and a foundation linked to the movie has declared 2016 “The Year of the Lion”.

Born Free USA and the Born Free Foundation‚ concerned about the plight of the jungle royalty‚ made the announcement in a statement released on Monday.

Born Free will launch various initiatives to draw attention to the decline of the lion population‚ including a census‚ publicity campaigns‚ special screenings‚ events‚ news‚ and information online throughout 2016.

“Elsa the lioness captured the hearts and minds of a worldwide audience in the 1966 classic film Born Free — but‚ today‚ the international wildlife charity that bears its name sounds the alarm over the future of lions. The film starred legendary actress Virginia McKenna and her late husband‚ Bill Travers‚ portraying the pioneering conservationists George and Joy Adamson and their successful rehabilitation of Elsa to the wild‚” the statement said.

Adam M. Roberts‚ CEO of Born Free USA and Born Free Foundation‚ said: “Experts believe their numbers have plummeted to fewer than 20‚000 across Africa as their habitat dwindles and becomes more fragmented; as horrific retaliatory killings are perpetrated; and as hundreds of lions are slaughtered each year by trophy hunters in the name of ‘sport’. It is imperative that their plight is immediately taken seriously. The species’ decline has been rapid and steep. Without concerted action at all levels of government globally‚ the species could disappear from significant parts of Africa during our lifetime.”

The statement drew attention to canned hunting‚ saying: “Across the globe‚ the public is more aware than ever about the need to save lions before it is too late. The slaying of Cecil the lion made headlines worldwide in 2015‚ and the recent documentary Blood Lions revealed the horrors of professional and canned hunting to audiences in more than 100 countries.”

The two organisations said that in 2016‚ the spotlight will be on lions at the meeting of the Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora (CITES)‚ which will be held in Johannesburg in September.

“More than 180 countries from around the world will debate‚ and possibly decide‚ the future level of protection afforded to lions. Born Free is calling for an end to commercial trade and an up-listing of African lions to CITES Appendix I (highest priority).”

Kul jou bier kul jou daar jou land is kaal

As ‘n mens terugkyk op die jaar wat verby is, was daar gebeure wat in die natuurlike omgewing plaasgevind het wat ‘n vonk aangesteek het. Dit het hewige debatte ontlok, protesoptogte aan die gang gesit, aanlynversoekskrifte laat posvat en Twitter- en Facebook-veldtogte begin.

Een so ‘n vonk wat ‘n veldbrand veroorsaak het, was die jagtog deur dr. Walter Palmer, ryk Amerikaanse tandarts en grootwildjagter, wat Cecil die swartmaanhaarleeu van Hwange in Julie vanjaar in Zimbabwe met ‘n kruisboog doodgeskiet het.

Honderde aanlynversoekskrifte is in Augustus teen Palmer begin en duisende mense wereldwyd (baie in Suid-Afrika) het dit onderteken. Hulle het gevra vir die uitlewering van Palmer aan Zimbabwe, waar hy hopelik gestraf sou word. Hulle het sover gegaan om daarop aan te dring dat sy praktyk in Minnesota gesluit word. Hy is ook by sy huis geteister waar woorde soos “moordenaar” met rooi verf op die motorhuis se deure gespuit is.

Hoewel Palmer nie aan Zimbabwe uitgelewer is nie, is hy waarskynlik deeglik daarvan bewus dat hy een van die mees gehate mense in die wereld is. Aktiviste vergeet nooit nie. S6 treiter Twitter-gebruikers Palmer steeds. Hulle breek gereeld op sy webblad in en sorg s6 dat hy nooit sal vergeet nie.

Cecil het die wereld weer aan die dink gesit oor trofee, sport- en biltongjag, veral in Afrika waar wild soveel werk skep as deel van die toerismebedryf. Begrippe soos “oneties” en “onvolhoubaar” het nuwe betekenis gekry. Mense vra hulle af hoe dit moontlik is dat trofeejag in dieselfde asem as bewaring gebruik kan word.

Op eie bodem word debatte gevoer oor die gonswoorde “volhoubare benutting”, wat ons eie Edna Molewa, minister van omgewingsake, so graag gebruik wanneer sy die handel in renosterhoring probeer regverdig. In 2016 word ‘n groot Cites-beraad in Johannesburg gehou en die internasionale oopstel van die handel in renosterhoring is op die agenda.

Lande wat bewaringsgesind is, lig reeds die wenkbroue oor hierdie Suid-Afrikaanse voorstel.

Die dokumentere rolprent Blood Lions het vanjaar ook opslae gemaak en die kwessie van geblikte leeujag in die kollig geplaas.

Die onetiese bedryf het lang tentakels en begin reeds wanneer leeuwelpies gebore word en mense toegelaat word om aan hulle te vat en met hulle te speel. Hier begin die geldmakery reeds. Welpies is oulik as hulle so klein is, maar dit is waar die doodskoot begin. Hierdie welpies word net geteel om in klein kampies gejag te word. Molewa het gou besef hierdie is ‘n warm patat en nou sit Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, met die probleem: Wat gaan word van 7 000 halfmak leeus wat geen bewaringswaarde het nie? Wat eens bestempel is as die koning van die diere het nou die status van ‘n plaasdier.

Daar is baie omgewingskwessies wat in 2016 aandag moet kry. Van die belangrikste wentel om ons minerale.

Terwyl ons soveel energie bestee aan groot politieke gebeure wat ons aandag aftrek, word ons land stuk-stuk opgemyn.